Die Lochie leefstyl: ROTSVAS
Respek:
- Ek behandel onderwysers, werkers, ouers, maats, en besoekersmet respek en praat ordentlik met hulle.
- Ek respekteer ander se eiendom. Dit sluit in my maats se eiendom, die skool se eiendom asook my eie eiendom.
- Omdat ek ander respekteer, knou ek nie ander kinders af nie, baklei ek nie en sê ook nie dinge van en vir ander wat hulle kan seermaak nie.
- Ek luister met respek na ander en wag my beurt af om te kan praat.
Orde:
- Wanneer ek klasse wissel of aantree, doen ek dit op 'n ordelike manier.
- Ek dra by tot goeie orde in die skool deur onberispelike gedrag.
- Ek is nie sonder toestemming in die gange, in klasse, in die saal of in die badkamers nie.
- Ek eet nie sonder toestemming in die skoolgebou nie.
Stiptelikheid:
- Dit is vir my belangrik om altyd betyds te wees vir skool, elke klas, aantree by rye en buitemuurse aktiwiteite.
- Ek is nooit onnodig afwesig nie.
- Ek voltooi my take en huiswerk stiptelik en handig betyds in.
Veiligheid:
- Ter wille van my eie veiligheid tree ek verantwoordelik op en verlaat ek nie die skoolterrein sonder toestemming nie.
- Ek speel nie op gevaarlike of ontoelaatbare plekke nie en speel ook nie gevaarlike speletjies op die skoolterrein nie.
- Ek bring nie gevaarlike speelgoed of ander verbode items skool toe nie.
- Ek laat weet my afrigter indien my vervoerreëlings verander.
Aanspreeklikheid:
- Ek kom my verantwoordelikheid om korrespondensie aan my ouers deur te gee, na en bring afskeurstrokies betyds terug.
- Dit is my verantwoordelikheid om al my toetse, take ens. aan my ouers te wys en te laat teken.
- Ek bring altyd 'n afwesigheidsbrief van my ouers of van die dokter as ek afwesig was.
- Ek gebruik my selfoon verantwoordelik volgens die voorskrifte.
Selfstandigheid:
- Ek aanvaar verantwoordelikheid vir my eie gedrag en gee nie die skuld vir ander nie.
- My akademiese vordering is my eie verantwoordelikheid; daarom lewer ek altyd my bes, doen my eie werk, berei deeglik voor en bring my Lochie-dagboek skool toe.
- Ek handhaaf die nodige selfdissipline in die klas en het nie iemand nodig om my gedrag voortdurend te monitor nie.